KUNDIGE ADVIES EN ONDERSTEUNING

Kundige advies en praktiese ondersteuning vir jou kudde – beskikbaar via WhatsApp, Zoom of persoonlike veldbesoeke. • Gesondheid in elke melkstal: ons somatiese seltelling-moniteringsprogram help jou om kuddegesondheid vroegtydig op te spoor en te verbeter. • Volledige begeleiding vir jou boerdery: van beesvoeding en produksie tot voortplanting, parasietbeheer en biosekuriteit – ons bied oplossings wat werk. • Een Gesondheid, Een Toekoms: ons bevorder die One Health-beginsels om die welstand van jou beeste, jou plaasgemeenskap en verbruikers te beskerm.

ZOÖNOTIESE - SIEKTE MONITERING

Monitering en opsporing van siektes wat tussen diere en mense oordraagbaar is vir die beskerming van openbare gesondheid en ook vroeë waarskuwingstelsels te ondersteun.

SUB-SAHARA AFRIKA

Ons bied gespesialiseerde bees kudde konsultasiedienste vir voerkraal en plaasbestuur regoor Sub Sahara Afrika. Ons fokus is om kuddegesondheid, produktiwiteit en volhoubaarheid te verbeter deur toepaslike oplossings, gevorderde diagnostiek en praktiese ondersteuning op die plaas.

BEES SIEKTES

Ons bied omvattende diagnostiese dienste aan om diere siektes te identifiseer, op te volg en te bestuur, met fokus op vinnige reaksie en voorkoming.

GESONDHEID SERTIFIKAAT

Amptelike sertifiseringsdienste om kuddegesondheidstatus vir handelsdoeleindes te verifieer, en te verseker dat nasionale en internasionale dieregesondheidstandaarde nagekom word.